Infidelity

Na my ‘affair’  en vandat my vrou daarvan uitgevind het, het ons gedink ons sal ‘fine’ wees en self hierdeur kom – maar ons was verkeerd.

Ons het iemand nodig gehad om ons hand te vat en die weg te wys.  Cornelia het ons deur ‘n ongelooflike proses geneem om ons weer gesond te maak.  Ons het mekaar weer gevind.  Ek het geleer om te praat oor my behoeftes, ek het geleer om die liefde van my lewe weer te waardeer.  Die proses het my gered, die proses het my huwelik gered en daarvoor is ons ongelooflik dankbaar.

Nogmaals dankie…

Anoniem (Man)

img_4396‘n Mens moenie dink ‘n affair is iets wat net met ander gebeur nie.  Dit kan met jou gebeur…  As dit gebeur is dit ongelooflik traumaties en seer…

Moenie dink dit is iets wat jy en jou huwliksmaat op jul eie gaan kan hanteer en regmaak nie.  ‘n Mens het professionele hulp nodig.

Cornelia is professioneel en het ons gehelp om deur die seer, rou emosie te werk.  Maar sy het ons meer belangrik geleer om op alle vlakke te kommunikeer.

Ek kan vandag met eerlikehid sê dat ‘n affair nie die einde van ‘n huwelik hoef te beteken nie.  My huwelik het gegroei en my en my man se verhouding en huwelik is beter as ooit.

Ek kan vandag met dankbaarheid terug kyk.  Ek is dankbaar aan ons Hemelse Vader, ‘n liefdevolle man wat ons huwelik gekies het, ‘n fantastiese terapeut wat ons deur hierdie proses gehelp het.  Meer as alles is ek dankbaar dat my gesin nog bymekaar is.

Ek wil vandag vir jou sê daar is hoop vir jou huwelik na ‘n affair…
‘n Nuwe beter huwelik

Anoniem (Vrou)

Comments are closed